Sel no: 084 525 1020|info@opearms.org

George se storie

George se storie

‘n Klompie van ons Wesranders het Woensdagaand, 13 Desember, Kerrie & rys en ook koeldrank gaan uitdeel in Krugersdorp Wes. Daar is hartseer en blye tye ook. Soms lag ons en ander tye huil ons lekker saam. En hopelik het ons nie net kos nie, maar ‘n bietjie liefde en geloof ook gaan uitdeel!

“Hêlo Pastoor se die een.  Ek is George.  Ek‘s van Pietersburg.  Ek’s n ambagsman van beroep, maar niemand soek my nie!  Ek’t gekom na Johannesburg vir geld. Almal sê hier is werk en geld, maar hulle se sommer direk, … jy is te wit, ander se daar is nie poste nie, ander se jy is te oud, ander jaag jou sommer net weg asof jy vuilgoed is. Dit is glad nie maklik hier opstraat nie. Wanneer ons mense vir ons iets bring dan kom die ander klomp, jy weet mos wat ek bedoel. Dan kom vat hulle ons goed, as ons, ons tee sit dan vat hulle dit met geweld. Ou Johan is n ruk terug dood van so aanval. Maar wie gee om, ne. Kyk my kop, kyk!  ek het al n paar keer deur geloop. Hulle, het gekom en my met n klip sommer opi kop gaslat!!  Twelve steke en ‘n stukende arm en ‘n gat in my been.  Ek’t gips op my regter arm gehad…! Met krukke het ek galoep!  Kon vir ‘n langtyd nie eers bedel vir kos nie, gelukkig het ou Piet na my omgesien, hy het sy bietjie met my ook gedeel!

“Soms word ons sommer so in ons slaap, sommer vir niks aangerand en die bietjie wat ons het word geroof ook.  Ons bedel maar so deur die dag, glo my dit is baie harde werk. Jy is die hele dag op jou voete in die warm son. Party jak jou af en sê jou sleg, ander het darem n bemoedigende woordjie.

“Ons tel yster op en verkoop dit.  Met die yster, kry ek soms baie geld, vra hom! Nou die dag R90 gekry. Kyk, al vir my nuwe skoene, gekoop met die yster geld.  R59 vir die paar.

“Ek glo, in ons Skepper, Pastoor. Maar jy weet selfs die kerke wil ons nie op n Sondag in vat nie. Ek hou van sing en bid.  Maar nou is ons te vuil viri kerk…hulle jaag my weg, sê ek moet ander plek gat vra vir geld.  Ek wil ook net sing en bid…

“Kyk Pastoor, hier is al my belongings.  Jy kyk verniet vir die botteltjie, jy moenie oordeel nie…ek weet ek moenie drink nie, maar dit is tough in die nag! Dit raak verdomp eensaam hier!  En jy hoef nie te bekommer nie, ek is nie dronk nie… En dit gebeur ook nie altyd nie.

“Kyk hier is my Bybel, ek lees hom elke dag!  God het Sy seun gestuur om vir ons sondes te sterf. Omdat Hy vir ons lief is. Ek bly in die straat…dis nie my keuse nie, Nee ek wil ook graag by my geliefdes wees, ‘n huis hê, ens. Weet jy waste voorreg is dit om na ‘n huis te gaan, ‘n dak oor jou kop te hê. Koffie te kan maak en te kan bad. Ek kan nie gewoond raak aan die straat nie.

“Baie baie Dankie vir die kos, vanaand gaan ek lekker slaap, my maag is lekker vol! Mag ek ook n bordtjie kry vir Piet, hy staan nog by die robot tot 8 uur. Ek belowe ek sal vir hom gee jy kan hom maar kom vra. More aand is my beurt dan staan ek tot 8 uur. Jy moet mooi loop en onthou, God kyk na jou!  Hy sien vir jou en vir my. Jy moet soms vir my kom hallo sê”

Daar is duisende mense daar buite soos George, elkeen met sy eie storie.  Dit is maklik om te oordeel met ‘n brood onder die arm.  Dit is maklik om te sê maar dis sy eie skuld as jy dit nog net maklik gehad het in die lewe.

Ek weet ons kan nie die wêreld in een aand verander nie maar met die Gees in ons harte en ons Vader aan ons kant, kan ons dit doen stappie vir stappie…

Ons kan ‘n verskil maak al is dit net vir een mens op ‘n slag, soos vir George.  Ja hy is vandag nogsteeds op straat maar hy het gisteraand lekker geslaap want die kinders van ons Skepper het vir hom kos gegee.  Hy sal dit onthou, want vir een aand het hy met ‘n vol maag gaan slaap sonder spoke wat hom kom pla het.  Gisteraand, was hy maar net weer ‘n eensame ou op straat…

En onthou… when you pour perfume on somebody else, you can’t help but to get a little bit on yourself!

As jy dit in jou hart vind om ons te help om ander te help, hier is ons bank besonderhede. Hierdie was maar net een uitreik van baie wat ons doen. Ons help kinders en oumense.

Ope Arms Direktoraat
Bertus Schwan
0812469226

Help ons:

Ope Arms NPO

Standard Bank Westgate

Rek no. 301 219 915

Takkode 051 001

 

Dankie vir jou bydrae.

2017-12-29T22:52:17+00:00 29 Desember, 2017|